Du Preez Stoltz
Du Preez Stoltz is 'n Afrikaanse sanger wat geestelike liedere sing. Sy debuutalbum, Hy Leef In My is in 2010 deur SELECT-musiek vrygestel. Hy is ook deel van die musiekgroep SA se Eie Drie Tenore saam met Phillip Kotze en Chris Coetzer (in Jannie Moolman se plek).
Du Preez Stoltz | |
---|---|
Gebore | Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | 2010 - nou |
Etikette | SELECT |
Du Preez het in 1996 aan Hoërskool Welkom Gimnasium gematrikuleer en daarna die graad B.Soc.Sc aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy het aanvanklik begin om teologie te studeer, maar het later na sielkunde oorgeskakel.
Hy is in Desember 2008 met Nadia getroud. Hulle het twee dogtertjies.[1]
Diskografie
wysig- Hy Leef In My, 2010 SELECT
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Profiel Geargiveer 11 Januarie 2012 op Wayback Machine, besoek op 5 Februarie 2011.
Eksterne skakels
wysig- Du Preez Stoltz-produksies se webwerf Geargiveer 11 Januarie 2012 op Wayback Machine
- Vader Vat My Hand op YouTube