Duivenhoksdam
Die Duivenhoksdam verskaf hoofsaaklik besproeiingswater deur middel van ‘n stelsel van kanale aan plase in die Overberg.
Duivenhoksdam | |
---|---|
Amptelike naam | Duivenhoksdam |
Ligging | naby Heidelberg |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°59′11″S 20°57′40″O / 33.98639°S 20.96111°O |
Dam in | Duivenhoksrivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 33 m |
Lengte van wal | 146 m |
Reservoir | Duivenhoksdam |
Kapasiteit | 6 miljoen m³ |
Die dam lê in die Duivenhoksrivier in die Langeberge, noordoos van die dorp Heidelberg, Wes-Kaap, en by die koördinate 33° 59' 10,5" suid en 20° 57' 39,7" oos.
Dit is in 1963 voltooi, het ‘n bakmaat van nagenoeg 6 miljoen m³ en verseker so ‘n konstante watervoorsiening vir die Duivenhoksbesproeiingsraad. Die betonwal staan 33 m bo die rivierbedding en het ‘n oorloop van 146 m lank.
Sien ook
wysigBibliografie
wysig- de Waal, Jan: The Duivenhoks River: an analysis of flood causation. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad, 2010. (lib.riskreductionafrica.org)
- Wilson, J.E.: Overberg water – die geskiedenis van die Duivenhoks- en Rûensveld Landelike Watervoorsieningskemas. Caledon: Caledon Venster, 1999. ISBN 0-620-24622-7