Dynasty (2017-televisiereeks)
Dynasty is 'n Amerikaanse komediedramareeks vir televisie wat geskoei is op die sepie met dieselfde naam van 1981. Dit is ontwikkel deur Josh Schwartz, Stephanie Savage en Sallie Patrick.
Dynasty | |
Genre | Komediedrama, geskoei op Dynasty, 'n TV-reeks van 1981 deur Richard en Esther Shapiro |
---|---|
Ontwikkel deur |
|
Met |
|
Temamusiekkomponis |
|
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 5 |
Aantal episodes | 108 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) |
|
Venue(s) | Atlanta, Georgia |
Kinematografie | Xavier Grobet |
Produksiemaatskappy |
|
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | The CW |
Oorspronklike lopie | 11 Oktober 2017 | – 16 September 2022
Elizabeth Gillies speel in seisoen 1 die rol van die glansryke sakevrou Fallon Carrington, met Grant Show as haar miljardêrpa, Blake, James Mackay as haar broer Steven en Nathalie Kelley as Blake se nuwe vrou, Cristal. Robert Christopher Riley is die chauffeur Michael Culhane, Sam Adegoke is die tegniese miljardêr Jeff Colby, Rafael de la Fuente is Cristal se susterskind Sam "Sammy Jo" Jones en Alan Dale is Joseph Anders, die uitgeslape butler.
Later in die reeks kom 'n paar akteurs by, onder andere Nicollette Sheridan (later Elaine Hendrix) as Blake se eerste vrou, Alexis,[1][2] Maddison Brown as Joseph se dogter, Kirby, Ana Brenda Contreras (later Daniella Alonso) as Blake se derde vrou, Cristal, Sam Underwood as die oudste Carrington-seun, Adam,[3] Michael Michele as Blake se halfsuster, Dominique Deveraux, Adam Huber as die skrywer Liam Ridley en Eliza Bennett as die jongste Carrington-sibbe, Amanda.
Die loodsepisode, wat in September 2016 aangekondig is, is in Mei 2017 gewys. Dynasty se première was op 11 Oktober 2017 op The CW in Amerika en 'n dag later internasionaal op Netflix. In Mei 2022 is aangekondig seisoen 5 sou die laaste een wees. Die laaste episode is op 16 September 2022 gewys.
Opsomming
wysigFallon en Steven Carrington vind uit hulle miljardêr-pa, Blake, is verloof aan Cristal, 'n werknemer van die familiemaatskappy, Carrington Atlantic. Toe Fallon se gekonkel om die egpaar te skei boemerang en haar 'n bevordering kos, skaar sy haar by haar pa se vyand en voormalige werknemer Jeff Colby en begin haar eie sakeryk opbou. Cristal se susterskind, Sam, dreig om haar donker verlede te onthul terwyl die versplinterde dinastie 'n verenigde front voorhou ná die verdagte dood van die ingenieur Matthew Blaisdel. Die harmonie hou nie lank nie. Seisoen ná seisoen keer nuwe gesinslede terug na Atlanta met agendas, insluitende Fallon en Steven se lank afwesige ma, Alexis; hulle ouer broer, Adam; die geheime Carrington-dogter, Amanda; en Dominique, die buite-egtelike dogter van Blake sa pa, Thomas.
Verskeie elemente van die oorspronklike sepie van die 1980's is verander, soos die verskuiwing van Denver, Colorado, na Atlanta, Georgia; die klem wat skuif na die jong sakevrou Fallon; die feit dat Steven se homoseksualiteit nie vir Blake saak maak nie; en die verandering van die fortuinsoeker Sammy Jo in 'n gay man.[4][5][6]
Daarbenewens is Blake se nuwe vrou en haar susterskind Latyns-Amerikaners en die chauffeur Michael Culhane en die Colby-gesin is Afro-Amerikaners.[4][6]
Hoofkarakters
wysig- Elizabeth Gillies is Fallon Carrington, 'n erfgenaam en sakevrou, die dogter van Blake Carrington en sy eerste vrou, Alexis. Sy is getroud met Liam Ridley.
- Gillies speel ook in seisoen 2 vir 'n kort ruk die rol van Alexis Carrington.
- Nathalie Kelley is Celia Machado / Cristal Flores Carrington (seisoen 1),[1] Fallon se nuwe stiefma, 'n vrou met 'n donker verlede.
- James Mackay is Steven Carrington (seisoen 1-2; seisoen 5), Fallon se gay halfbroer.
- Robert Christopher Riley is Michael Culhane, die voormalige chauffeur van die Carringtons en Fallon se aan-af-minnaar, wat eindelik 'n fortuin maak.
- Sam Adegoke is Jeff Colby, Blake se mededinger as sakeman en die uitvoerende amptenaar van ColbyCo.
- Rafael de la Fuente is Sam "Sammy Jo" Jones, Celia se uitspattige susterskind en Steven se eksman. Hy is later die eienaar van die hotel La Mirage.
- Alan Dale is Joseph Anders (seisoen 1-4), die Carringtons se butler, en Kirby en Steven se biologiese pa.[7]
- Grant Show is Blake Carrington, 'n miljardêr en die uitvoerende amptenaar van Carrington Atlantic. Hy is die pa van Adam, Fallon en Amanda by sy eerste vrou, Alexis.
- Nicollette Sheridan (seisoen 1-2)[8] en Elaine Hendrix (seisoen 3-5)[9] is Alexis Carrington Colby Dexter, beide Blake en Jeff se konkelende eksvou, Dex se vrou en die ma van Adam, Steven, Fallon en Amanda.
- Ana Brenda Contreras (seisoen 2)[10] en Daniella Alonso (seisoen 3-5)[11] is Cristal Jennings Carrington, Blake se derde vrou en 'n fisioterapeut van 'n Mexikaanse misdaadfamilie wie se identiteit Celia gebruik het.
- Alonso speel in seisoen 5 ook die rol van Cristal se konkelende identiteitsrower, Rita.
- Maddison Brown is Kirby Anders (seisoen 2-5), Joseph se herstellende dwelmslaafdogter,[12] La Mirage se geleentheidsbeplanner en daarna 'n model.[7]
- Sam Underwood is Adam Carrington / dr. Mike Harrison (seisoen 2-5), Blake en Alexis se oudste seun wat as baba ontvoer is.
- Adam Huber is Liam Ridley (seisoen 1-5),[13] 'n skrywer wat twee keer met Fallon trou.
- Michael Michele is Dominique Deveraux (seisoen 2-5),[13] Blake se misnoeë halfsuster. Sy is Jeff en Monica se ma.
- Eliza Bennett is Amanda Carrington (seisoen 4-5), Alexis se geheime dogter by Blake, 'n prokureur wat in Brittanje grootgeword het en die liefdesbelangstelling van Kirby.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Spencer, Ashley (21 Junie 2018). "[Spoiler] Is Not Returning for Dynasty Season 2". E! Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2018. Besoek op 21 Junie 2018.
- ↑ Andreeva, Nellie (22 Junie 2018). "Dynasty: Lead Cast Member Not Returning For Season 2 of the CW Series". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2018. Besoek op 5 Julie 2018.
- ↑ Gaudens, Reed (22 Maart 2019). "Dynasty power rankings: Who's responsible for Alexis's departure from the manor?". Hidden Remote. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2019. Besoek op 2 April 2019.
- ↑ 4,0 4,1 Mitovich, Matt Webb (31 Mei 2017). "Fall TV First Impression: Dynasty". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2017. Besoek op 12 September 2017.
- ↑ Champagne, Christine (23 Augustus 2017). "At First Sight". Emmy. Vol. 39, no. 7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 13 September 2017.
- ↑ 6,0 6,1 Nguyen, Hanh (2 Augustus 2017). "Dynasty: 4 Ways CW's Reboot Has Updated the Series to Be More Inclusive and Tolerant". IndieWire. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2017. Besoek op 12 Oktober 2017.
- ↑ 7,0 7,1 Gaudens, Reed (Desember 2018). "Dynasty Power Rankings: Kirby unleashes a paternity bombshell at Steven's baby shower". Hidden Remote. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2018. Besoek op 4 Junie 2019.
- ↑ Swift, Andy (15 Mei 2018). "Dynasty Promotes Nicollette Sheridan to Series Regular for Season 2". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2018. Besoek op 15 Mei 2018.
- ↑ Patten, Dominic (28 Oktober 2019). "Dynasty Casts Elaine Hendrix As The New Alexis For CW Soap". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 28 Oktober 2019.
- ↑ Ausiello, Michael (6 Augustus 2018). "Dynasty Boss Confirms Cristal Is Getting Killed Off and 'Resurrected'". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2018. Besoek op 6 Augustus 2018.
- ↑ Swift, Andy (30 Julie 2019). "Dynasty Recast: Daniella Alonso Joins Season 3 as New Cristal Jennings". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 30 Julie 2019.
- ↑ Highfill, Samantha (14 Augustus 2018). "Dynasty casts Maddison Brown as Kirby Anders". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2018. Besoek op 15 Augustus 2018.
- ↑ 13,0 13,1 Swift, Andy (11 Oktober 2019). "Dynasty Sets New Series Regulars Ahead of Season 3 Premiere". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2019. Besoek op 11 Oktober 2019.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.