Edelgasioonverstuiwing
Edelgasioonverstuiwing is 'n hulptegniek wat in die analitiese chemie gebruik word om saam met Augerelektronspektroskopie die elementsamestelling van die diepteprofiel van 'n vaste teikenmateriaal te bepaal.[1] Die teiken word in 'n vakuum ingebring en daar gebombardeer met edelgasione soos Ar+ wat 'n lae energie het. Dit verstuif die teiken se bolaag. Die materiaal wat verstuif word kan verder ontleed word.
Verwysings
wysig- ↑ Madito M.J. Terblans J.J. Swart H.C. Mtshali C.B. (2020). "Verstuiwingsopbrengs van indium vanaf dunlagies gebombardeer met lae energie Ar+ ioonbundels". Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. 39 (1).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)