El Corte Inglés
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
El Corte Inglés S.A. ("Die Engelse Snit") is 'n Spaanse afdelingswinkelketting wat sy hoofkwartier in Madrid het. Dit is die grootste afdelingswinkelketting in Europa en die vierde grootste ter wêreld, met takke dwarsoor die Iberiese Skiereiland insluitende Portugal asook op die Baleariese en Kanariese Eilande.
El Corte Inglés | |
Tipe | Sociedad Anónima |
---|---|
Gestig | 28 Junie 1940 in Madrid, Spanje |
Hoofkantoor | Madrid, Spanje |
Sleutelpersone | Isidoro Álvarez Álvarez, hoof uitvoerende beampte |
Gebied bedien | Spanje en Portugal |
Industrie | Handelsbedryf |
Produkte | Kleding, skoene, kosmetika, juweliersware, huishoudelike voorwerpe en meubels |
Inkomste | €15,8 miljard (2011) |
Netto inkomste | €209,99 miljoen (2011) |
Webwerf | elcorteingles.eu elcorteingles.es |
El Corte Inglés is tans die enigste afdelingswinkelketting in Spanje en het sy sakebelange uitgebrei na ander besigheidsformate, waaronder
- Hipercor - hipermarkte
- Tiendas de proximidad - supermarkte
- Repsol Opencor - kafees by petrolstasies
- Sfera - modewinkelketting
- Optica 2000 - optiese winkels wat ook gehoorapparate verkoop
- Bricor - tuisdekor- en selfdoenwinkels
- Viajes El Corte Inglés - reisagentskap
- Seguros El Corte Inglés - versekeringsmaatskappy
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie El Corte Inglés.
- Europese webwerf van El Corte Inglés
- Spaanse webwerf van El Corte Inglés
- Portugese webwerf van El Corte Inglés Geargiveer 22 Februarie 2014 op Wayback Machine