Elana Afrika

Suid-Afrikaanse aktrise

Elana Afrika-Bredenkamp (gebore op 15 Augustus 1979) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en 'n radio- en TV-aanbieder. Sy het talle programme op kykNET, M-Net, GO, SABC Africa en SuperSport aangebied. Sy bied later ook 'n naweekprogram op die radiostasie 5FM aan.

Elana Afrika
Geboortenaam Elana Afrika
Geboorte 15 Augustus 1979 (1979-08-15) (45 jaar oud)
Kaapstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Beroep(e) Aktrise, TV-aanbieder
Webwerf elanaafrika.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Afrika matrikuleer in 1997 aan die Hoërskool Parow. Sy skryf in vir 'n besigheidsgraad by die Universiteit van Stellenbosch, maar verander dit later na 'n dramagraad (B.Drama). Haar studies word kortgeknip nadat sy in 2001 werk as 'n aanbieder by M-Net aanvaar. Sy verhuis ook dieselfde jaar na Gauteng. Later in 2001 aanvaar sy haar eerste werk as radio-aanbieder by Jacaranda 94.2, waar sy steeds werk.

Sy was vanaf 2001 tot 2007 'n mede-aanbieder van die Afrikaanse program Jip op kykNET.

In 2007 het sy 'n duet genaamd "Starry Night" saam met Ike Moriz gesing vir sy album "All Around The World". Hulle het saam by die Kirstenbosch- Nasionale Botaniese Tuin en die V&A-waterfront in Kaapstad opgetree.

Filmografie

wysig
  • WWP: Thunderstrike (TV-reeks), 2010
  • Footskating 101 - The Movie, 2007

Eksterne skakels

wysig