Kragopwekker

(Aangestuur vanaf Elektriese opwekker)

In die veld van kragopwekking is 'n kragopwekker (of elektriese generator) 'n toestel wat meganiese energie omskakel in elektriese energie. Die omgekeerde omskakeling van elektriese energie na meganiese energie word deur 'n motor gedoen; elektriese motore en generatore het verskeie ooreenkomste. 'n Generator forseer elektrone in die spoel om deur 'n eksterne elektriese stroombaan te vloei. Dit stem in 'n sekere mate ooreen met 'n waterpomp, wat watervloei genereer, maar nie die water self skep nie. Die bron van meganiese energie kan 'n suier- of turbine stoomenjin, vallende water deur 'n turbine of waterwiel, binnebrandmotor, 'n windturbine, 'n handslinger, saamgeperste lug, of enige ander bron van meganiese energie wees.

'n Elektrisiën besig om 'n kragopwekker te koppel.