Elista
’n stad in Rusland
Elista (Russies: Эли́ста of Элиста́; Kalmikies: Элст, Elst) is die hoofstad van die Republiek van Kalmikië, ’n federale deelgebied van Rusland. Die naam kom van elsn, die Kalmikiese woord vir "sanderig". Die bevolking in 2014 was 108 608.
Elista Элиста Элст | |
---|---|
Stad | |
’n Openbare skaakstel in Elista | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 46°19′N 44°16′O / 46.317°N 44.267°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Stigting | 1865 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Wjatsjeslaf Namroejef |
Bevolking | |
• Totaal | 108 608 |
Tydsone | UTC+04:00 |
Vorige naam | Stepnoi (1944–1957) |
Eksterne skakels
wysig- Inligting oor Elista Geargiveer 4 Maart 2012 op Wayback Machine (ru)
- Elista-portaal Geargiveer 7 Februarie 2012 op Wayback Machine (ru)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elista.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia