Ellen Kuzwayo

Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis, politikus en skryfster.

Nnoseng Ellen Kate Kuzwayo (29 Junie 1914 – 19 April 2006) was 'n Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis, politikus en skryfster. Van 1938 tot 1952 was sy 'n onderwyseres. In die 1960's was sy president van die ANC-jeugliga. In 1994 is sy verkies tot die Suid-Afrikaanse parlement in die nuwe bedeling. Vir haar outobiografie, Call Me Woman (1985), wen sy die CNA literêre prys in 1986.[1]

Ellen Kuzwayo
Gebore
Nnoseng Ellen Kate Serasengwe

(1914-06-29)29 Junie 1914
Thaba Nchu, Vrystaat, Unie van Suid-Afrika, Britse Ryk
Sterf19 April 2006 (op 91)
Johannesburg, Suid-Afrika
NasionaliteitSuid-Afrikaans
BeroepVroueregte-aktivis, politikus, onderwyseres en skryfster

Letterkundige werke

wysig
  • Call Me Woman. Londen: The Women's Press (1985). ISBN 1-879960-09-5, herdruk Aunt Lute Books, 1992
  • Sit Down and Listen: Stories from South Africa, Londen: The Women's Press, 1990. ISBN 978-0704342309

Verwysings

wysig
  1. "Struggle veteran dies in Soweto", Mail & Guardian, Johannesburg, South Africa, 19 April 2006.

Eksterne skakels

wysig
  • "Another Milestone for Ellen Kuzwayo", Stad van Johannesburg se webtuiste, 7 Desember 2004.
  • Kuzwayo, Ellen. "Nnoseng Ellen Kate Kuzwayo". ANC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2007. Besoek op 12 Mei 2007.