Elli H. Radinger

Elli H. Radinger (gebore 1951 in Wetzlar, Hessen) is 'n Duitse vakjoernalis en skryfster wat haar veral besig hou met wolwe as onderwerp.

Na afloop van haar Abitur werk sy vir vyf jaar lank as lugwaardin. Daarna onderlê sy haar in die regte, met lugverkeersreg as hoofvak en gaan werk as prokureur, hoewel sy haar nie in hierdie rigting spesialiseer nie. In 1991 roep sy saam met Günther Bloch en andere die Gesellschaft zum Schutz der Wölfe in die lewe,[1] waar sy vir 10 jaar lank as voorsitster dien. Sedert 1991 is sy ook die uitgeefster van die Wolf Magazin, een van die Duitse tydskrifte oor wolwe en ander wilde hondagtiges wat sy die lig laat sien het.[2] Sedert 1995 is sy betrokke by die wolfnavorsing in die Yellowstone Nasionale Park. Deur toesprake, lesings en seminare hou sy mense op die hoogte rakende die wolwe, die natuur en die ekostelsel.

Werke

wysig

Niefiksie

wysig
  • Die Weisheit alter Hunde. Gelassen sein, erkennen, was wirklich zählt - Was wir von grauen Schnauzen über das Leben lernen können (Elli H. Radinger), Ludwig Verlag, 2017, ISBN 978-3453281080
  • Die Weisheit der Wölfe. Wie sie denken, planen, füreinander sorgen. Erstaunliches über das Tier, das dem Menschen am ähnlichsten ist (Elli H. Radinger), Ludwig Verlag, 2017, ISBN 978-3-453-28093-9
  • Der Wolf kehrt zurück. Mensch und Wolf in Koexistenz? (Günther Bloch, Elli H. Radinger), Franckh-Kosmos Verlag, 2017, ISBN 978-3-440-15404-5
  • Der Mensch-Hund-Code. Selbstbewusst durch den Dschungel der Hundeszene (Günther Bloch, Elli H. Radinger), Franckh-Kosmos Verlag, 2016, ISBN 978-3-440-13410-8
  • Affe trifft Wolf: Dominieren statt kooperieren? Die Mensch-Hund-Beziehung. (Günther Bloch, Elli H. Radinger), Franckh-Kosmos Verlag, 2012, ISBN 978-3-440-13206-7
  • Wolfsküsse. Ein Leben unter Wölfen. (Elli H. Radinger), Aufbau TB, 2018, ISBN 978-3746634906
  • Wölfen auf der Spur. Anthologie. (Elli H. Radinger), Mariposa Verlag, 2010, ISBN 978-3-927708-52-5.
  • Wölfisch für Hundehalter: Von Alpha, Dominanz und anderen populären Irrtümern. (Günther Bloch, Elli H. Radinger), Franckh-Kosmos Verlag, 2010, ISBN 978-3-440-12264-8
  • Der Verlust eines Hundes - und wie wir ihn überwinden. (Elli H. Radinger), 3. Auflage. edition tieger, 2012, ISBN 978-3-86671-102-0
  • Wildpferde. Freiheit auf vier Beinen. Tecklenborg Verlag, 2005, ISBN 3-934427-84-7

Fiksie

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig