Enkelvoudige sin

Sin wat uit 'n hoofsin, sonder bysinne bestaan

'n Enkelvoudige sin is 'n sin wat uit 'n hoofsin, sonder bysinne bestaan. So 'n sin kan in drie dele opgedeel word, naamlik die onderwerp (wie?), gesegde (doen?) en voorwerp (wat?). 'n Enkelvoudige sin het nooit meer as een gesegde nie en is die teenoorgestelde van 'n saamgestelde sin.[1]

Beskou die volgende sin as voorbeeld:

Ek sien 'n insek.

Hierdie sin bestaan uit:

  • Onderwerp/wie?: EK
  • Gesegde/doen?: SIEN
  • Voorwerp/wat?: 'N INSEK.

Verwysings

wysig
  1. Platinum Afrikaans Huistaal Graad 4