Eugene Jarosewich
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Eugene (Gene) Jarosewich (1926 – 2007) was 'n Amerikaanse chemikus by die Departement van Minerale Wetenskappe van die Smithsoniese Instituut.[1] Gene was wêreldwyd bekend vir sy nat chemiese analise van meteoriete.[2] Gene en sy medewerkers het ook 'n stel algemeen gebruikte standaarde vir elektronmikroskoop-ontledings ontwikkel deur monsters van die Nasionale Mineraalversameling te gebruik. Die minerale jarosewichiet[3] en asteroïde 4320 Jarosewich[4] is tot sy eer na hom vernoem.
Verwysings
wysig- ↑ lpi.usra.edu
- ↑ Jarosewich, Eugene (25 Desember 1990). "Chemical analyses of meteorites – A compilation of stony and iron meteorite analyses". adsabs.harvard.edu (in Engels). Meteoritics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2019. Besoek op 1 Oktober 2015.
- ↑ Barthelmy, Dave. "Jarosewichite Mineral Data". webmineral.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2020. Besoek op 1 Oktober 2015.
- ↑ "JPL Small-Body Database Browser". ssd.jpl.nasa.gov (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2016. Besoek op 1 Oktober 2015.