Eweknienetwerk
In die algemeen verwys 'n eweknienetwerk (Engels: peer-to-peer network of P2P) na 'n rekenaarnetwerk wat nie vaste werkstasies en bedieners bevat nie, maar 'n aantal gelykwaardige rekenaars wat aanmekaar gekoppel is en terselfdertyd as 'n bediener en werkstasie dien vir ander aansluitings tot die netwerk.
Kenmerke
wysigDie eweknienetwerkmodel staan in kontras met die werkstasie-bedienermodel. Elke aansluiting is in staat om 'n ondersteunde oordrag te begin en te beëindig. Eweknie-aansluitings kan verskil in hul plaaslike opstelling, verwerkingsnelheid en bandwydte van die netwerk asook die stoorkapasiteit beskikbaar.
Uitruilnetwerke
wysigDie term kan tegnies gesproke ook toegepas word op 'n aantal netwerktegnologieë en -programme wat gebruik maak van die model (soos byvoorbeeld die NNTP-protokol, wat gebruik word deur Usenet-nuusgroepe). Die term word dikwels gebruik om uitruilnetwerke soos Gnutella, FastTrack,WinMX, BitTorrent en EDonkey2000. Hierdie netwerke bied die moontlikheid om gratis en grotendeels anoniem lêers of dele daarvan tussen persoonlike rekenaars wat met die internet verbind is, uit te ruil. Die Engelse benaming hiervoor is filesharing.
Eweknienetwerke, -protokolle en -programme
wysigNetwerk/Protokol | Programme wat van die netwerk gebruik maak |
---|---|
Ares Galaxy | Ares Galaxy, Warez, Gift-Ares (prop) |
BitTorrentnetwerk | BitTorrent, BitTorrent++, ABC,
Azureus, BitAnarch, BitComet, BitLord, BitTorrent.Net, BitTornado, MLDonkey, µTorrent, Shareaza, SimpleBT |
Direct Connect netwerk | NeoModus Direct Connect, DC++, BCDC++, CZDC++ |
eDonkeynetwerk | eDonkey2000, eMule, MLDonkey, Shareaza |
FastTrack protokol | KaZaA , Grokster, iMesh, giFT, gift-fasttrack, Mammoth P2P |
Freenet netwerk | Freenet, Frost, Entropy |
Gnutella netwerk | Acquisition, BearShare, Gnucleus, Limewire, Morpheus, gift-gnutella (prop), Phex, Swapper, Shareaza, MLDonkey, XoloX, gtk-gnutella, GnucDNA |
Gnutella2 | Shareaza, Gnucleus, MLDonkey, Morpheus, GnucDNA |
MANOLITO (MP2P) netwerk | Blubster, Piolet, RockItNet |
Napster (OpenNAP) netwerk | OpenNap, WinMX, Napigator, FileNavigator, Utatane, XNap |
Pichat netwerk | Pichat, Pidgin, Moonchat, C4 |
WPNP netwerk | WinMX |
Ander protokolle:
FileTopia, Mute, Waste, AntsP2P, Soulseek, Muscle (BeShare), Akamai, Alpine, Audiogalaxy netwerk, Carracho, Chord, The Circle, Dexter, EarthStation 5 netwerk, Evernet, GNUnet, Groove, Hotwire, JXTA, MojoNation, Overnet netwerk, Scribe, SongSpy netwerk, Squid, Swarmcast
Eksterne skakels
wysig- Zeropaid Geargiveer 20 Junie 2000 op Wayback Machine (en)
- Slyck Geargiveer 26 Desember 2008 op Wayback Machine (en)
- P2P Info Centre (en)
- p2punited Geargiveer 1 November 2005 op Wayback Machine (en)
- eDonkey P2P Geargiveer 3 Julie 2007 op Wayback Machine (Engles|PL)