Exxon Valdez
Die Exxon Valdez was 'n olietenkskip wat 'n omgewingsramp veroorsaak het toe dit op 24 Maart 1989 by Bligh Reef gestrand het.
Die omgewingsramp
wysigOp 23 Maart het die Exxon Valdez op sy 29ste reis vanaf die Valdez Oil Terminal in Valdez, Alaska, vertrek. Die Exxon Valdez was met ruolie gelaai. Dit het suid deur Prince William Sound gevaar. Kaptein Joseph Hazelwood het die Kuswag ingelig dat hulle van koers gaan verander om klein ysberge te vermy. Die kaptein het toestemming van die kuswag gekry om na die noordelike skeepsroete te gaan. Voordat die kaptein na sy kajuit gegaan het om te rus, het hy derde stuurman Gregory Cousins opdrag gegee om die skip terug te stuur na die suidelike roete sodra hulle by Busby-eiland verby is. Ten spyte daarvan dat Cousins hierdie instruksies aan die stuurman gegee het, het die skip nie vinnig genoeg gedraai nie en het Bligh Reef om 00:04 getref. Dit is onbekend of Cousins die instruksies te laat gegee het, die stuurman nie die instruksies gevolg het nie of dit nie voldoende gevolg het nie en of iets fout was met die skip se stuurstelsel of radar. Tussen 41 miljoen en 132 miljoen liter ruolie het in die see gestort en 1 900 kilometer van Alaska se kuslyn is besoedel, die tweede grootste ekologiese ramp in die Amerikaanse geskiedenis. 580 000 seevoëls, 5 500 otters, ontelbare robbe en seeleeus het gevrek. Die vissery het enorme skade gely.[1][2][3]
Na die ramp is die skip herstel. ExxonMobil het die skip in Januarie 2008 aan Hong Kong Bloom Shipping verkoop, wat dit omskep het om erts te vervoer. Die skip is daarna Dong Fang Ocean en later Oriental Nicety genoem. Op 30 Julie 2012 het die Indiese Hooggeregshof die skip se sloping gemagtig.
Dertig jaar ná die gebeure het die plaaslike bevolking van Cordova en die omliggende gebied steeds onder die gevolge van die ekologiese ramp gebuk gegaan.
Galery van die ramp
wysigRegsgedinge
wysigIn 1990 is die kaptein gevonnis tot 'n boete van US$ 50 000 en 1 000 uur gemeenskapsdiens. Die vonnis was laag omdat die jurie nie met al die beskuldigings saamgestem het nie, en het hom onskuldig bevind dat hy onder die invloed gevaar het. Twee jaar later is hy ook nie skuldig bevind vir die oliestorting nie. Omdat die partye teen die uitspraak geappelleer het, het dit tot 1999 geduur voordat hy met sy gemeenskapsdiens begin het.
Verwysings
wysig- ↑ Remembering the Exxon Valdez oil disaster - the day hell broke loose in paradise - On the 30th anniversary of the spill that blighted birds and marine life, an Alaskan community are still suffering the consequences, The Mirror. Gearchiveerd op 2 augustus 2021.
- ↑ (en) New York Times Court Overturns Conviction Of Exxon Valdez’s Captain, 1992 geraadpleegd op 2 juli 2018. Gearchiveerd op 2 juli 2018.
- ↑ (en) New York Times Exxon Valdez Captain Starts Community Service, 22 juni 1999, geraadpleegd op 2 juli 2018. Gearchiveerd op 2 juli 2018.