FOSATU
Die Federation of South African Trade Unions (FOSATU) was 'n vakbond-federasie wat deur 'n kongres oor die naweek van 14–15 April 1979 in Hammanskraal gestig is. Vyf dae later, op 20 April, is die nuwe vakbond-federasie amptelik bekendgestel.[1][2] Die wortels van FOSATU lê in die spontane 1973-stakings in Durban en Pinetown deur swart werkers ('n deel van die sogenaamde "Durban Moment"). Op 1 Desember 1985 het FOSATU ontbind en 'n deel van die nuwe Congress of South African Trade Unions (COSATU) geword.[3][4]
Verwysings
wysig- ↑ Friedman, Michelle (2010). "The Future is in the Hands of the Workers": A History of FOSATU (PDF). Johannesburg: Mutloatse Heritage Trust. p. 14–18. ISBN 978-09869833-1-3. Besoek op 13 Julie 2013.
- ↑ South African History Online. "The Federation of South African Trade Unions is founded". www.sahistory.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2016. Besoek op 15 Julie 2013.
- ↑ South African History Online. "Congress of South African Trade Unions (COSATU)". www.sahistory.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2019. Besoek op 15 Julie 2013.
- ↑ COSATU. "Brief History of COSATU". www.cosatu.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 15 Julie 2013.