Freundeskreis Südafrika
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Freundeskreis Südafrika (FSA; Engels: Friends of South Africa) is 'n Suid-Afrikaans-Duitse skooluitruilskema. Die FSA is in 1996 gestig. Die FSA het twee kantore in Suid-Afrika: 'n kantoor in Naboomspruit, onder bestuur van Alta Botes, organiseer die uitruil vir Suid-Afrikaanse skoliere na Duitsland. 'n Kantoor in Boksburg, onder leiding van Suzanne Baker, is verantwoordelik vir die besoekende Duitse jeug en die Suid-Afrikaanse gasfamilies. In Duitsland is ook twee FSA-kantore: die een is in Bielefeld en word deur Petra Jocobi bestuur. Alhoewel die twee organisasies saamwerk, is die FSA in Suid-Afrika 'n onafhanklike regsentiteit van die FSA in Duitsland. Vele Suid-Afrikaanse en Duitse leerders het sedert 1996 aan hierdie uitruilprogram deelgeneem.[1]
Uitruilprogramme
wysigDie FSA-jeuguitruilorganisasie in Suid-Afrika bied drie uitruilprogramme na Duitsland aan: vier weke tydens Junie/Julie, drie maande van Oktober tot Januarie, en vier weke tydens Desember/Januarie.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Suid-Afrikaanse webwerf (af) (en)
- Duitse webwerf (de)