FUDforum
FUDforum is 'n oopbron-gebaseerde webforum wat in PHP geskryf is. Die naam "FUDforum" is 'n afkorting vir "Fast Uncompromising Discussion forum".[1] Die sagteware word onder die GNU GPL lisensie versprei.
FUDforum | |
Ontwikkelaar | Advanced Internet Designs Inc. |
---|---|
Bedryfstelsel | Windows, UNIX, Linux |
Kategorie | Webforum |
Lisensie | GNU GPL |
Webblad | FUDforum |
FUDforum loop op 'n aantal bedryfstelsels wat die PHP-programmeertaal ondersteun, insluitend Unix, Linux en Windows. As databasis word IBM DB2, MS-SQL, MySQL, Firebird, Oracle, PostgreSQL of SQLite gebruik om die forum se data te stoor. Die koppelvlak is gebaseer op HTML5 met CSS, jQuery en AJAX om 'n meer buigsame koppelvlak te bewerkstellig.[2]
Die sagteware is na verskeie tale vertaal. 'n Volledige Afrikaanse vertaling is beskikbaar en is by die basispakket ingesluit.
Verwysings
wysig- ↑ "Support Forum". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2011. Besoek op 21 Februarie 2010.
- ↑ "AJAX Magazine, 8 Mei 2006". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2009. Besoek op 21 Februarie 2010.
Eksterne skakels
wysig- FUDforum se Tuisblad
- Die FUDforum-wiki Geargiveer 13 Februarie 2010 op Wayback Machine
- IRC-kanaal Geargiveer 13 Desember 2009 op Wayback Machine
- FUDforum bladsy op SourceForge
- FUDforum bladsy op Freshmeat
- FUDforum bladsy op Open Source CMS Geargiveer 11 Mei 2009 op Wayback Machine
- Forum-software.org se resensie
- Forummatrix se resensie