Fatih (in Afrikaans "Veroweraar") is een van die grootste distrikte in die hart van Istanboel, Turkye. Aangesien dit die ou kwartier van die stad beslaan wat op 29 Mei 1453 deur Mehmet die Veroweraar verower is, word dit vandag steeds dikwels die "regte Istanboel" of "eerste Istanboel" genoem.

Kaart wat Fatih se ligging aandui.
Die akwaduk van Valens.

Vandag beslaan Fatih die historiese skiereiland tot by die Theodosiese stadmure aan die westekant van die middestad, dus die deel wat die ou Konstantinopel was. Dit is onder andere die tuiste van die Fatih-moskee, die eerste Ottomaanse keiserlike moskee in Istanboel. Dit bevat ook van die histories belangrikste geboue in die stad.

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Fatih

Eksterne skakels

wysig