Fernkloof-natuurreservaat
Fernkloof-natuurreservaat lê in die Kleinrivierberge bokant Hermanus in die Wes-Kaap. Die oppervlak van die reservaat is 1 800 hektaar en die hoogte verskil van 0 tot 842 m bo seespieël.
Fernkloof-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Hermanus |
Koördinate: 34°23′14.0″S 19°16′38.2″O / 34.387222°S 19.277278°O | |
Oppervlak | 1 800 ha |
Openingsjaar | 1957 |
Bestuursliggaam | Hermanus Botaniese Vereniging |
Webblad | Fernkloof.com |
Die reservaat huisves 'n groot verskeidenheid van fynbos-spesies. Daar is meer as 60 km se wandelpaadjies en staproetes in die park.