Finntroll
Finntroll is 'n folk metal-musiekgroep van Helsinki, Finland. Hulle kombineer elemente van black metal en folk metal. Finntroll se lirieke is in Sweeds, behalwe vir "Madon laulu" op Visor om slutet. Finntroll se oorspronklike sanger, Katla, het op die gebruik van Sweeds bo Fins besluit weens sy lidmaatskap aan die Sweedssprekende minderheid in Finland en die idee dat Sweeds die groep se trolagtige persona beter pas. Ten spyte van verskeie veranderinge in die sanger vir die groep, duur hierdie tradisie voort.
Finntroll | |
---|---|
Finntroll by die Rockharz-opelugfees in 2016 in Duitsland | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Helsinki, Finland |
Genres | Folk metal, black metal |
Jare aktief | 1997–nou |
Etikette | Spinefarm, Century Media |
Assosiasies | Korpiklaani, Shape of Despair, Moonsorrow, Barathrum, Turisas |
Webwerf | www |
Lede | Samuli Ponsimaa Henri Sorvali Sami Uusitalo Mikael Karlbom Aleksi Virta Mathias Lillmåns Heikki Saari |
Gewese lede | Mikael Harju Jan Jämsen Rauno Raimoranta Teemu Raimoranta Tomi Ullgren Samu Ruotsalainen Tapio Wilska |
Ateljeealbums
wysig- Midnattens Widunder (1999)
- Jaktens Tid (2001)
- Nattfödd (2004)
- Ur Jordens Djup (2007)
- Nifelvind (2010)
- Blodsvept (2013)
- Vredesvävd (2020)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Finntroll.