Frans II
Frans II uit die Huis van Habsburg, volle naam Franz II Joseph Karl (* 12 Februarie 1768 in Florence, Italië; † 2 Maart 1835 in Wene, Oostenryk), was tussen 1792 en 1806 die laaste keiser van die Heilige Romeinse Ryk en tussen 1804 en 1835 die eerste keiser van Oostenryk.
Frans II | |
---|---|
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (1792–1806) Keiser van Oostenryk (1804–1835) Koning van Hongarye (1792–1835) Koning van Boheme (1792–1835) Koning van Kroasië-Slawonië en Dalmasië (1792–1835) | |
Frans II
| |
Vorstehuis | Habsburg |
Titels | Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (1792–1806) Keiser van Oostenryk (1804–1835) Koning van Hongarye (1792–1835) Koning van Boheme (1792–1835) Koning van Kroasië-Slawonië en Dalmasië (1792–1835) |
Regeer (as Keiser van die Heilige Romeinse Ryk) | 14 Julie 1792 – 6 Augustus 1806 |
Regeer (as Keiser van Oostenryk) | 11 Augustus 1804 – 2 Maart 1835 |
Kroning (as Keiser van die Heilige Romeinse Ryk) | 14 Julie 1792 |
Kroning (as Keiser van Oostenryk) | 11 Augustus 1804 |
Voorganger | Leopold II |
Opvolger | Ferdinand I |
Volle naam | Franz II Joseph Karl |
Gebore | 12 Februarie 1768; Florence, Italië |
Oorlede | 2 Maart 1835; Wene, Oostenryk |
Eggenoot | Elisabeth van Württemberg Maria Theresa van Neapel Maria Ludovika van Oostenryk-Este Caroline Augusta van Beiere |
Kinders | Marie Louise Ferdinand I |
Vader | Leopold II |
Frans was die kleinseun van keiser Franz I Stephan en die seun van keiser Leopold II. Sy regeringstyd was deur sy teenstander Napoleon Bonaparte oorheers. Frans II moes die Heilige Romeinse Ryk ontbind, nadat hy deur Napoleon gedwing is om te abdikeer, waarna Frans homself as keiser van Oostenryk laat kroon het.
Bronnelys
wysig- (en) "Francis II". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Februarie 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frans II.