Fraport
Fraport AG (afgelei van Frankfurt Airport, volledige naam: Fraport AG Frankfurt Airport Services Worldwide) is die beheermaatskappy van die lughawe van Frankfurt am Main, die grootste in Duitsland. Die aandelemaatskappy, wat merendeels in staatsbesit is, het ook belange in ander Duitse en buitelandse lughawens.
Fraport AG | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1947 |
Hoofkantoor | Frankfurt am Main, Duitsland |
Sleutelpersone | Stefan Schulte (voorsitter, hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Lughawens, lugvervoer |
Produkte | Diensverskaffing |
Dienste | Beheer van lughawens |
Inkomste | 2,442 miljard € (2012) |
Webwerf | http://www.fraport.de |
Fraport AG se aandele word in die Duitse MDAX-aandelemark-indeks gelys. Die grootste aandeelhouers is die deelstaat Hesse (31,94 persent), die stad Frankfurt am Main (20,40 persent) en die Federale Republiek van Duitsland (18,27 persent)