G.P. Murray

Suid-Afrikaanse arbeidsaktivis

G.P. Murray was ‘n lid van die Aksiekomitee wat geprotesteer het teen die maandsalarisproefneming op sekere goudmyne wat die hoofsekretaris, Eddie Gründling, in 1964 met die Kamer van Mynwese (KVM) beding het.

In die chaos wat in die vakbond ontstaan het nadat Grűndling deur aksies van Ras Beyers en Fred Short as Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie (MWU)-hoofsekretaris ontslaan is, is Murray 1966 in die plek van Short (wat wederregtelik as waarnemende hoofsekretaris aangestel is) ook as waarnemende hoofsekretaris aangestel. Murray was ‘n veteraanlid van die Marievale-goudmyn wat Springs in die MWU Algemene Raad verteenwoordig het. Aangesien sy aftrede op hande was, was hy bereid om die MWU tydelik in hierdie hoedanigheid van diens te wees.

Bronnelys

wysig
  • MWU-Argief, Pretoria, Notule van die Algemene Raad, 27-28.1.1966, pp. 47-50, 52-53.
  • Ibid., Notule van die Buitengewone Vergadering van die Algemene Raad, 22.7.1966, p. 2.
  • Ibid., Notule van die Noodvergadering van die Algemene Raad, 12.12.1966, pp. 1-5, 15-17, 19-20.
  • Ibid., Notule van die Vergadering van die Bestuurskomitee, 14.12.1966, p. 1.
  • Ibid., Notule van die Vergadering van Bestuurskomitee, 3 .1. 1967, p. 6.
  • M Horrell, South Africa’s Workers. Their Organizations and the Patterns of Employment, SAIRR, Johannesburg, 1969, pp. 95-96.
  • Die Mynwerker, 2.2.1966, p. 1 (Vrede in Vakbond!).
  • Rand Daily Mail, 25.11.1966 (D Smith: “Rebel” Miners Take Over).
  • Ibid., 13.12.1966 (D Smith: Miners Reject Plan); Dagbreek en Sondagnuus, ongedateerd (MWU verras met twee nuwe aanstellings).

Sien ook

wysig