GLONASS
GLONASS is 'n Russiese satelliet-navigasiestelsel, vergelykbaar met die Amerikaanse GPS en Europese Galileo. Die stelsel bestaan uit 24 satelliete waarvan 21 altyd operasioneel en 3 in reserwe is. GLONASS in Russies: ГЛОНАСС, is 'n afkorting vir ГЛОбальная НАвигационная Спутниковая Система; GLObal'naya NAvigatsionnaya Sputnikovaya Sistema; in Engels: "GLObal NAvigation Satellite System".
Die volledige naam is GLObalnaja NAvigatsionnaja Spoetnikovaja Sistema (ГЛОбальная НАвигационная Спутниковая Система; "Wêreldwye navigasie-satellietstelsel").
Geskiedenis
wysigDie eerste drie satelliete is in Oktober 1982 gelanseer en in Desember 1983 is die eerste satelliet van die stelsel in werking gestel. Oorspronklik sou die hele stelsel in 1991 operasioneel gewees het, maar weens ekonomiese probleme is die laaste van die 24 satelliete eers in Desember 1995 in hul baan geplaas. Alle satelliete is met Proton-lanseerders vanaf die basis Tyuratam in Kazachstan gelanseer.
Huidige status
wysig'n Samewerkingsooreenkoms is ter verdere uitbreiding met Indië aangegaan om die stelsel te onderhou en te verbeter.
Eksterne skakels
wysig- GLONASS se webtuiste (Engels en Russies) Geargiveer 12 Oktober 2006 op Wayback Machine