Garo
Garo (A·chikku, আ·চিক্কু) is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,1 miljoen mense in Noordoos-Indië en Bangladesj gepraat word. Garo word met die Bengaalse skrif, die Latynse alfabet of A-Chik Tok'birim, 'n skrif wat in 1979 deur Arun Ritchil Marak vir Garo ontwikkel is, geskryf. Garo word in die Indiese deelstate Assam, Meghalaya en Tripura gepraat. Dit is verwant aan Bodo, een van die amptelike tale van die Indiese deelstaat Assam. In teenstelling met Bodo geniet Garo geen amptelike status nie. Daarbenewens is albei tale verwant aan Kokborok, ook Tripuri genoem, een van die amptelike tale van die Indiese deelstaat Tripura.
Garo A·chikku, আ·চিক্কু | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Bangladesj | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,1 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaans Brahmaputra Bodo-Garo Garo | |
Skrifstelsel: | Bengaalse skrif Latynse alfabet A-Chik Tok'birim | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | grt
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Garo". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2021.