Gebruiker:Michaelphillipr/atriumfibrillasie

Atriale fibrillasie (AF of A-fib) is die mees voorkomende vorm van abnormale hartritme. Dit word veroorsaak deurdat die normale elektriese impulse wat opgewek word deur die sino-atriale knoop oorweldig word deur impulse wat ontstaan by die wortels van die pulmonêre are. Dit lei tot ongekoördineerde sametrekkings (fibrillasie) van die atrium. Dit het ook sy uitwerkings op die ventrikels van die hart (die belangrikste hartkamers), wat kan ly tot 'n onreëlmatige (of abnormale) hartritme.

AF kan simptoomloos wees, maar word baie gesien in kombinasie met hartkloppings, flouval, borspyn of hartversaking. Die aanwesigheid van atriale fibrillasie veroorsaak 'n vyfvoudig verhoogde risiko op 'n beroerte indien dit nie behandel word nie.[1]

Die oorsaak van AF kan nie altyd opgespoor word nie.

Verwysings

wysig
  1. Ciervo CA, Granger CB, Schaller FA (September 2012). "Stroke prevention in patients with atrial fibrillation: disease burden and unmet medical needs". J Am Osteopath Assoc (Review). 112 (9 (Suppl 2)): eS2-8. PMID 23014814.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)