Gebruiker:Pietleeu40/sandput

Michiel le Roux

wysig
Michiel Scholtz du Pré le Roux
Gebore20 Mei 1949
Alma materStellenbosch Universiteit Hoërskool Alberton

Michiel le Roux is 'n Suid-Afrikaanse entrepreneur en die stigter van Capitec Bank. Hy het 'n dinamiese benadering tot besigheid en het Capitec Bank opgebou tot die reus wat dit vandag in Afrika is. Alhoewel hy as 'n prokureur opgelei is, is sy besigheidsvernuf onbetwisbaar, soos blyk uit die resultate wat hy in die banksektor behaal het.

Opvoeding

wysig

Michiel le Roux het by Hoërskool Alberton gematrikuleer en was hoofseun en kaptein van die eerste rugbyspan van 1966. Hy het sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, waar hy 'n BCom Regte, asook 'n LLB-graad behaal het. Alhoewel hy sy droom om as 'n prokureur te werk, waar geword het, het hy nooit as 'n prokureur gepraktiseer nie, omdat hy die praktyk as vervelig beskou het. Le Roux woon tans in Stellenbosch saam met sy vrou en kinders.

Besigheidsbedrywighede

wysig

Le Roux het 'n klein streekbank, Boland Bank, vir vier jaar bestuur voordat hy uiteindelik die organisasie verlaat het. In 1998 het Boland Bank saamgesmelt met NBS, BoE Holdings Limited, in 1999, Nedcor in 2002, en Nedbank in 2004. Hy het ook vir Distillers Corp gewerk voordat hy 'n bankonderneming begin het met die hulp van Christo Wiese in die middel van die 1990’s. Wiese is 'n entrepreneur en die direkteur van Pep Stores.

Netto waarde

wysig

Le Roux is tans 70 jaar oud en word as die agtiende Afrikaanse miljardêr op die Forbes-lys gereken, met 'n beraamde netto waarde van $1.3 miljard in Januarie 2020.