Gennadi Zioeganof
Gennadi Andrejewitsj Zioeganof (Russies: Генна́дий Андре́евич Зюга́нов; gebore 26 Junie 1944) is ’n Russiese politikus. Hy is sedert 1993 die sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie, sedert 1993 ’n afgevaardigde in die Doema en sedert 1996 lid van die Parlementêre Vergadering van die Europese Raad.
Gennadi Zioeganof Генна́дий Зюга́нов | |
Eerste Sekretaris van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Februarie 1993 | |
Vise | Walentin Kuptsof (tot 2004) Iwan Melnikof (hede) |
---|---|
Opgevolg deur | Walentin Kuptsof |
Eerste Sekretaris van die Sentrale Komitee van die Unie van die Kommunistiese Partye
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 23 Januarie 2001 | |
Voorafgegaan deur | Oleg Sjenin |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 26 Junie 1944 Mymrino, Russiese SFS, Sowjetunie (tans Rusland) |
Politieke party | KPvdRF KPvdSu (1966–1991) |
Eggenoot/-note | Nadezhda Witaljewna |
Kind(ers) | 2 |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Sowjetunie |
Diens/Tak | Sowjetse weermag |
Jare in diens | 1963–1966 |
Rang | Kolonel |
Loopbaan
wysigIn die Russiese presidentsverkiesing van 1996 het Zioeganof met 32% van die stemme tweede geëindig ná die destydse president, Boris Jeltsin. In 2008 het hy met 17,76% van die stemme tweede geëindig ná die huidige president, Dmitri Medwedef.[1]
Hy was weer 'n kandidaat in die Russiese presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 en het weer tweede geëindig met 17,2 persent van die stemme.
Verwysings
wysig- ↑ "Medvedev 'to continue Putin work'" (in Engels). BBC News. 3 Maart 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 3 Januarie 2008.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gennadi Zioeganof.
- Amptelike webblad Geargiveer 29 Mei 2007 op Wayback Machine (ru)
- Profiel by die Europese Raad
- Forum ten gunste van Zioeganof, KPRF (ru)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia