Gert Kotzé
Gert Jeremias Kotzé (1929-2010) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, lid van die Nasionale Party, lid van die Volksraad van Suid-Afrika vir die kiesafdeling Malmesbury (1974-1994), Minister van die Omgewing en Waterwese (1986-1989) in die Tweede kabinet van P.W. Botha en daarna in die Kabinet van F.W. de Klerk as Minister van Waterwese en Bosbou (1990-1991).
Gert Kotzé | |
Minister van Waterwese en Bosbou
| |
Ampstermyn 1989 – 1991 | |
President | F.W. de Klerk |
---|---|
Opgevolg deur | Magnus Malan |
Minister van Omgewingsake
| |
Ampstermyn 1989 – 1990 | |
President | F.W. de Klerk |
Opgevolg deur | Louis Pienaar |
Minister van Omgewing en Waterwese
| |
Ampstermyn 1986 – 1989 | |
President | P.W. Botha |
Voorafgegaan deur | John Wiley |
Lid van die Volksraad
| |
Ampstermyn 1974 – 1994 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Gert Jeremias Kotzé 1929 Riebeek-Kasteel, Kaapprovinsie |
Sterf | Julie 2010 |
Politieke party | Nasionale Party |
Lewensloop
wysigGert Kotzé, 'n boer en wynbouer in die wynstreek Riebeek-Kasteel (Kaapprovinsie), het in 1974 tot die parlement toegetree. Hy het sy eerste regeringsfunksies as adjunkminister vir landbou-ekonomie in die regering van P.W. Botha uitgeoefen. Daarna word hy op 31 Mei 1987 bevorder tot die pos van Minister van die Omgewing en Waterwese, 'n pos wat hy in die regering van F.W. de Klerk behou het tot 12 November 1990, toe hy Minister van Waterwese en Bosbou geword het.
Hy het die regering in September 1991 verlaat en laastens ook die politiek in 1994 om aandag aan sy plaas te wy.
Hy is op 81-jarige ouderdom in Julie 2010 oorlede.