Giš
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die wigskrifteken giš of GIŠ (ook is, iṣ en iz) word algemeen aangetref in onder meer die Heldedig van Gilgamesj en die Amarna-briewe. Dit beteken "hout" en word ook as determinatief aan die begin van woorde gebruik om aan te dui ’n voorwerp is van hout gemaak. Die 12 hoofstukke (tablette) van die Heldedig van Gilgamesj noem 16 voorwerpe wat met "GIŠ" begin.
Dit kan ook alfabeties gebruik word vir die letters e, i, s, ṣ of z.
Voorbeelde
wysigEen voorbeeld van die gebruik van GIŠ is in die woord GIŠ plus MÁ ("skip" of "boot"),[2] dus GIŠ.MÁ of GIŠ.MÁ ( , "houtboot").
’n Paar woorde met GIŠ vooraan in die Heldedig van Gilgamesj, met die Akkadies agteraan, is:[3]
- --GIŠ.APIN, epinnu ("ploeg")
- --GIŠ.BANŠUR, paššūru ("tafel")
- --GIŠ.ERIN, erēnu ("seder")
- --GIŠ.GAG, sikkatu ("fles (parfuum)")
- --GIŠ.GU.ZA, kussû ("troon ")
- --GIŠ.IG, daltu ("deur")
- --GIŠ.SAR, kirû ("tuin", "boord")
- --GIŠ.ŠUR.MÌN, šurmenu ("sipres")
- --GIŠ.TIR, qištu ("woud")
- --GIŠ.TUKUL, kakku ("wapen")
Verwysings
wysig- ↑ Moran, William L. 1987, 1992. The Amarna Letters. EA 365, Furnishing Corvee Workers, p. 362.
- ↑ Parpola, 197l. The Standard Babylonian Epic of Gilgamesh, Glossary, pp. 119-145, eleppu, p. 124.
- ↑ Parpola, 197l. The Standard Babylonian Epic of Gilgamesh, Glossary and Indices, Logograms and Their Readings, pp. 117-18, p. 117.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Giš.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia