Glimepiried
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Glimepiried | |
---|---|
Chemie | |
Chemiese formule | C24H34N4O5S |
Molêre massa | 490.62 g/mol |
Smeltpunt | 207 °C |
CAS-nommer | 93479-97-1 |
Farmakokinetika | |
Biobeskikbaarheid | 100% |
Proteïengebonde | >99.5% |
Metabolisme | Volledig deur die lewer |
Uitskeiding | Uriene (~60%), fesies (~40%) |
Halfleeftyd | 5-8 uur |
Glimepiried is 'n anti-diabetiese medikasie wat gebruik word om tipe 2-diabetes te behandel.[1][2] Dit word minder verkies as metformien.[3] Gebruik word saam met dieet en oefening aanbeveel.[3] Dit word per mond geneem.[3] Glimepiried neem tot drie uur vir maksimum effek en duur ongeveer 'n dag.[3]
Algemene newe-effekte sluit in hoofpyn, naarheid en duiseligheid.[3] Ernstige newe-effekte kan lae bloedsuiker insluit. Gebruik tydens swangerskap en borsvoeding word nie aanbeveel nie.[4] Dit werk hoofsaaklik deur die hoeveelheid insulien wat uit die pankreas vrygestel word, te verhoog.[3] Dit word geklassifiseer as 'n tweede generasie sulfonielureum.[5]
Glimepiride word aangedui vir die behandeling van tipe 2-diabetes mellitus; sy werking is om insulienafskeiding deur die pankreas te verhoog. Dit vereis egter voldoende insuliensintese as voorvereiste om toepaslik te werk. Dit word nie vir tipe 1-diabetes gebruik nie, want by tipe 1-diabetes is die pankreas nie in staat om insulien te vervaardig nie.[6]
Teenaanduidings
wysigDie gebruik daarvan is teenaangedui by pasiënte met 'n hipersensitiwiteit vir glimepiried of ander sulfonielureums.
Nadelige gevolge
wysigNewe-effekte weens die neem van glimepiried sluit in spysverteringskanaalversteurings, af en toe allergiese reaksies, en selde bloedproduksieversteurings, insluitend trombositopenie, leukopenie en hemolitiese anemie. In die eerste weke van behandeling kan die risiko van hipoglukemie verhoog word. Alkoholverbruik en blootstelling aan sonlig moet beperk word omdat dit newe-effekte kan vererger.[6]
Verwysings
wysig- ↑ "Glimepiride Monograph for Professionals". Drugs.com (in Engels). American Society of Health-System Pharmacists. Besoek op 3 Maart 2019.
- ↑ British national formulary : BNF 76 (76 uitg.). Pharmaceutical Press. 2018. p. 693. ISBN 9780857113382.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 "Glimepiride Monograph for Professionals". Drugs.com (in Engels). American Society of Health-System Pharmacists. Besoek op 3 Maart 2019.
- ↑ "Glimepiride Pregnancy and Breastfeeding Warnings". Drugs.com (in Engels). Besoek op 3 Maart 2019.
- ↑ Davis SN (2004). "The role of glimepiride in the effective management of Type 2 diabetes". J. Diabetes Complicat. 18 (6): 367–76. doi:10.1016/j.jdiacomp.2004.07.001. PMID 15531188.
- ↑ 6,0 6,1 "Glimepiride: MedlinePlus Drug Information". nih.gov.