Grawe van Toulouse
Graaf van Toulouse was 'n oorerflike titel van die heersers van die Graafskap Toulouse wat bestaan het uit die stad Toulouse en die omliggende landelike gebied. Die eerste comites (Grawe) van Toulouse was administrateurs onder die Merowingers. Geen opeenvolging van is bekend en slegs die name van 'n paar het behoue gebly. Onder die Karolingers het die aanstelling (van beide Grawe en duces, Hertoë) meer gereeld en meer bekend geword. Die amp het egter spoedig uit die koninklike kring beweeg en oorerflik geword.
Die oorerflike Grawe van Toulouse het die Graafskap van die laat 9de eeu tot 1270 regeer. Die grawe en ander familie lede was ook op verskeie stadiums Grawe van Quercy, Rouergue, Albi, en Nîmes, en Markgrawe van Gotië en Provence. Raymond IV het die Kruisvaderstaat Graafskap Tripoli, gestig en sy nasate was Grawe in die afgeleë graafskap.
- 790-806 : Willem I de Vrome
- 806-816 : Bego, seun van Gerard van Parys, skoonseun van Lodewyk die Vrome
- 816-844 : Bernard van Septimanië, seun van Willem van Gellone
- 844-851 : Fredelo, seun van Fulgaud, graaf van Rouergue en van Senegonde, (vermoedelik 'n kleinseun van Willem van Gellone)
- 852-865 : Raymond I, broer
- 863-877 : Bernard het Kalf, seun
- 877-918 : Oddo, broer
- 918-924 : Raymond II, seun
- 924-942 : Raymond III Pons, seun
- 942-961 : Raymond (IV), seun
- 961-978 : Raymond (V), seun
- 978-1037 : Willem III Taillefer, seun
- 1037-1060 : Pons, seun
- 1060-1088 : Willem IV, seun
- 1088-1105 : Raymond IV, van Sint-Gillis, broer
- 1105-1109 : Bertrand, seun
- 1109-1110 : Alfons Jordaan, halfbroer
- 1110-1120 : Willem IX van Akwitanië, schoonzoon van Willem IV
- 1120-1148 : Alfons Jordaan (opnuut)
- 1148-1194 : Raymond V, seun
- 1194-1222 : Raymond VI, seun
- 1215-1218 : Simon IV van Montfort
- 1222-1249 : Raymond VII, seun van Raymond VI
- 1249-1271 : Joanna, dogter
Huis Frankryk
wysig- 1249-1271 : Alfonso van Poitiers.
Nie-erflike graaf
wysig- 1681-1737 : Lodewyk Alexander van Bourbon, natuurlike seun van Lodewyk XIV van Frankryk.