Groot-Newarivier
(Aangestuur vanaf Groot-Newa)
Die Groot-Newarivier of Bolsjaja Newa (Russies: Больша́я Нева́) is die grootste sytak van die Newarivier. Dit begin min of meer by die Strelka, die mees oostelike punt van Wasiljefski-eiland.
Groot-Newarivier (Больша́я Нева́) | |
---|---|
Die Bolsjaja Newa. | |
Monding | Die Groot-Newarivier in die Golf van Finland |
Stroomgebied | Sint Petersburg, Rusland |
Lengte | 3,5 km |
Die rivier is 3,5 km lank en tot 12,8 meter diep, en die breedte wissel van 200 tot 400 meter. Sy sytakke is die Fontanka, Moika en Nowo-Admiralteiski-kanaal.
Daar is twee brûe oor die Bolsjaja Newa, Paleis- en Blagowesjtsjenski-brug.