Grootrivier (Tuinroete)
rivier te Nature's Valley, Wes-Kaap
- Vir ander gebruike, sien Grootrivier (dubbelsinnig).
Die Grootrivier is 'n rivier in die Tuinroete in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Tsitsikammaberge en vloei via 'n ravyn na die monding in die Indiese Oseaan naby Nature's Valley. Die N2 nasionale pad kruis die rivier met die bekende Grootrivierbrug. Die ou nasionale pad (tans die R102 hoofpad) het die rivier en ravyn gekruis via die Grootrivierpas.
Grootrivier | |
---|---|
Die Grootrivier naby Nature's Valley in die Wes-Kaap. | |
Oorsprong | Tsitsikammaberge |
Monding | Indiese Oseaan |
Stroomgebied | Suid-Afrika |