HMS Warspite
Die HMS Warspite was 'n slagskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy was een van die bekendste slagskepe van die Britse Vloot en het bomskade opgedoen by Kreta, was beskadig deur sweeftuigbomme te Salerno en deur 'n seemyn beskadig in die Engelse Kanaal maar tog oorleef.
Tegniese besonderhede
wysigSy het 30,600 ton water verplaas en was aangedryf deur vier turbines wat gesamentlik 80,000 dryfasperdekrag gelewer het om 'n topspoed van 24.5 knope te verseker. Sy was toegerus met agt 15-duim kanonne, agt 6-duim kanonne en agt 4-duim lugafweerkanonne.
Bron
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met HMS Warspite (1913). |
- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3