Harald I van Denemarke

Harald 'Bloutand' Gormsson (Oud-Noors: Haraldr blátönn Gormsson, Deens: Harald Blåtand Gormsen; gebore omstreeks 935) was die seun van koning Gorm die Oue en Thyra Dannebod. Hy is in 985 of 986 dood nadat hy van omstreeks 958 as koning van Denemarke regeer het en vir ’n paar jaar rondom 970 as koning van Noorweë. Volgens sommige bronne het sy seun Sven Vurkbaard hom van die troon gedwing.

Harald Bloutand
Koning van Denemarke en Noorweë
Harald word gedoop, omstreeks 960.
Harald word gedoop, omstreeks 960.
Huis Jelling
Titel Koning van Denemarke
Regeer 958985/986
Voorganger Gorm die Oue
Opvolger Sven Vurkbaard
Titel Koning van Noorweë
Regeer 970985/986
Voorganger Harald II
Opvolger Sven Vurkbaard
Oorlede 985/986
Eggenote Gyrid Olafsdottir
Thora
Kinders Thyra Haraldsdatter
Sven Vurkbaard
Haakon
Gunhilde
Die ryk van Harald Bloutand.
Rune-stene van Gorm en Harald.
Die rune-steen van Harald.

Die Jelling-stene

wysig

Harald het die Jelling-stene laat oprig ter ere van sy ouers.[1] Encyclopedia Britannica beskou die rune-inskrifte as die bekendstes in Denemarke.[2] Die biografie van Harald Bloutand kan opgesom word in die inskrifte op die Jelling-stene:

  Harald, koning, het hierdie gedenkstene laat maak vir Gorm, sy vader, en Thyra, sy moeder; die Harald wat die hele Denemarke en Noorweë oorwin het en die Dene die Christendom laat aanneem het.
 

Bewind

wysig

Harald se bydrae tot die kerstening van die Dene is ietwat omstrede. Feit is egter dat hy wel bekeer is. Daarna, in die 960's, het hy sy pa, Gorm, se liggaam laat herbegrawe in die kerk wat hy langs die leë grafheuwel laat bou het en die nou beroemde Jelling-stene laat maak.

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Harald I of Denmark
  1. [1]C. Michael Hogan, "Jelling Stones", Megalithic Portal, red. Andy Burnham
  2. [2] Encyclopædia Britannica

Eksterne skakels

wysig