Hasso von Manteuffel

Duitse politikus

Hasso Eccard von Manteuffel (14 Januarie 1897 - 24 September 1978) was 'n Duitse generaal tydens die Tweede Wêreldoorlog, in bevel van die 5de Panzer-leër. Hy het Nazi-Duitsland se Ysterkruis met eikeblare, swaarde en diamante ontvang.

von Manteuffel (1944)

Na die oorlog is hy verkies tot die Bundestag (Wes-Duitse wetgewer) en was die woordvoerder oor verdediging vir die Vrye Demokratiese Party. Hy was 'n voorstander van Duitse herbewapening en was verantwoordelik vir die vestiging van die nuwe naam vir die Duitse weermag na die Tweede Wêreldoorlog, die Bundeswehr.

Eksterne skakels

wysig