Hawekwaberge
Die Hawekwaberge is ‘n bergreeks in die Boland.
Ligging
wysigDie reeks is tussen die Paarl, Wellington en Rawsonville en noord van die Klein-Drakensteinberge. Die suidgrens word as die Du Toitskloof met sy Molenaarsrivier, die Du Toitskloofpas (op die R101-pad) en die Hugenotetonnel (op die N1-pad) beskou.
Bergterrein
wysigRondom die Hawekwa-bergopvanggebied is van die grootste damme in die Wes-Kaap. In en rondom die Hawekwa-natuurreservaat is verskeie kampeerterreine en voetslaanpaaie. ‘n Radio-toring staan op die Wittebergpiek, teen 1634m bo seevlak is dit die hoogste punt in hierdie gebied. Ander pieke is die Nuwejaarspiek (1327m), Kromrivierpiek (1457m) en Molenaarspiek (1527m).
Geskiedenis
wysigWaarskynlik is die reeks vernoem na ‘n Khoi-stam. Reeds in 1783 was daar ‘n veepaadjie in die berge.
Bibliografie
wysig- Burman, José: Cape Trails and Wilderness Areas. Kaapstad: Human & Rousseau, 1987. ISBN 0-7981-2236-6
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 5. Kaapstad: Nasou, 1972. ISBN 0-625-00321-7