Hematologie
Hematologie is die bestudering van bloedkomponente: Wit bloedselle, Rooi bloedselle en plaatjies. Mediese laboratoriums spesialiseer in die sellulêre abnormaliteite sowel as die navorsing van verwante studierigtings.
Patologies word daar onderskei:
- Wit sel-abnormaliteite - Leukemie (Chronies en Akuut),
- Rooi sel-abnormaliteite (Geneties - Talassemia, Sekelsel anemie, ens)
- Plaatjie abnormaliteite - Stollingsdefekte (plasma proteïene bv. Faktor VIII en IX is die belangrikste)