Herminone
Die Herminone was een van die Germaanse volksstamme wat in middel-Duitsland gewoon het. Hul gebied het tot aan die grense van die Donau gestrek.
Die Herminone is óf na 'n stamheld, Ermino, vernoem, óf het die naam verkry deur taalkundige diversiteit.[1] Die volgende stamme was deel van die Herminone: die Cheruske, Chatte, Hermundure, Markomanne (Latyn: Marcomanni) en die Quade (Latyn: Quadi).[2]
Verwysings
wysigBronnelys
wysig- Lemma Herminones, in: F. Lübker (outeur) & J.D. Van Hoëvell (vert./red.), Classisch Woordenboek van Kunsten en Wetenschappen, Rotterdam, 1857, pagina 436