Hiawatha-gletser
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Hiawatha-gletser is ’n gletser in Noordwes-Groenland,[1] wat bekend geraak het ná die ontdekking van ’n meteorietimpakkrater onder die oppervlak.
Hiawatha-krater | |
---|---|
Die Hiawatha-kraterstreek, met en sonder die yslaag.
Die Agpalilik-meteoriet buite die Geologiese Museum van die Universiteit van Kopenhagen.
| |
Bevestig? | Ja |
Deursnee | 31 km |
Diepte | Tot 1 km |
Metorietgrootte | 1,5 km |
Ouderdom | Onbekend |
Boliedtipe | Yster |
Impakkrater
wysigIn November 2018 het ’n studie die bestaan van ’n groot impakkrater onder Groenland se yslaag in die Hiawatha-gletserstreek onthul – ’n ronde rotsbodemdepressie van 31 km breed en tot ’n kilometer diep.[2] Volgens bewyse is die krater geskep nadat ys Groenland 3 miljoen jaar gelede bedek het, en dalk so onlangs as 12 000 jaar gelede.[3] Uit ’n interpretasie van die kristalaard van die onderliggende rots en ’n chemiese ontleding van sediment wat uit die krater gewas is, word afgelei die meteoriet was van yster en het ’n deursnee van om en by 1,5 km gehad. ’n Volume van sowat 20 km3 rots sou verdamp of gesmelt het. Dit is een van die grootste 25 impakkraters wat al op die Aarde ontdek is.[2]
Voor die krater se ontdekking het die Inuïete ystermeteoriete in die streek gevind, en in 1963 het Vagn F. Buchwald die Agpalilik-meteoriet van 20 ton (’n fragment van die Kaap York-meteoriet) naby die Moltke-gletser op die Agpalilik-skiereiland van Noordwes-Groenland ontdek.[4][5]
Verwysings
wysig- ↑ Geographical News. "Hiawatha Gletscher: Greenland". Besoek op 15 November 2018.
- ↑ 2,0 2,1 Kjær. "A large impact crater beneath Hiawatha Glacier in northwest Greenland". doi:10.1126/sciadv.aar8173. Besoek op 15 November 2018.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - ↑ Michelle Starr. "A Massive Geological Surprise Has Been Discovered Under Greenland's Ice Sheet". ScienceAlert (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 15 November 2018.
- ↑ Derek W. G. Sears (2014). "Oral histories in meteoritics and planetary science—XXV: Vagn F. Buchwald". Meteotitics & Planetary Science. doi:10.1111/maps.12332.
- ↑ The Permanent Commission on Meteorites of the International Geological Congress (1963). "Discovery of Cape York (Apalilik) Iron Meteorite, Northwest Greenland" (PDF). Meteoritical Bulletin. 28.