Hindustan HF-24 Marut
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Hindustan HF-24 Marut is die eerste vegvliegtuig wat deur Indië ontwikkel en gebou is, as deel van hulle plan om onafhanklik te word met betrekking tot straalvliegtuig produksie. In die 1950's het die Indiese Lugmag oor geen lugvaart kundiges beskik met kennis oor straalvliegtuie nie. Hulle het toe Kurt Tank, beroemde vliegtuig ontwerper van Focke-Wulf, genooi om deel te wees van die projek in Indië. Daar het later tot 18 Duitse ingenieurs op die projek gewerk.
Hindustan HF-24 Marut | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Hindustan Aeronautics Limited |
Ontwerp deur | Kurt Tank |
Nooiensvlug | 17 Junie 1961 |
Onttrek | 1990 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Indiese Lugmag |
Aantal gebou | 147 |
Die span het in 1957 begin werk aan 'n plan om 'n alle weerstoestande, multi-rol vliegtuig te ontwerp wat Mach-2 kan haal. Die prototipe het sy nooiensvlug op 17 Junie 1961 voltooi. Dit was aangedryf deur twee Rolls-Royce Bristol Orpheus 703 turbostraler motors. Die produksie modelle was egter toegerus met Indiese vervaardigde (onder lisensie) Orpheus motors. Die Marut is in April 1967 in diens gestel en was die eerste supersoniese vliegtuig wat deur 'n nie-supermag vervaardig is.
Teen die einde van 1975 was 100 eenhede afgelewer. In 1971 het die vliegtuie aksie gesien tydens die oorlog met Pakistan waar hulle in luggevegte met die vyandelike F-86 Sabre betrokke was.
Die Marut het nie heeltemal aan die verwagtinge as 'n vegvliegtuig voldoen nie maar was in diens in die Indiese Lugmag tot in die middel van 1990.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | HAL/Rolls-Royce Orpheus Mk 703 turbostraler |
Kraglewering per motor | 2 200 kg stukrag |
Vlerkspan | 9,0 m |
Lengte | 15,87 m |
Hoogte | 3,6 m |
Vlerkoppervlakte | 28,0 m2 |
Maks. opstygmassa | 10 908 kg |
Maks. snelheid | 1 112 km/h |
Operasionele hoogte | 12 200m |
Togafstand | 1 000km |
Klimvermoë | 12 200 m in 9 minute en 20 sekondes |
Bewapening | Vier 30 mm kanonne 50 x 68mm vuurpyle in die romp |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9