Hoobastank
Amerikaanse rockgroep
Hoobastank is 'n Amerikaanse rockgroep wat gevorm is in 1994 in Agoura Hills, Kalifornië, met hoofsanger Doug Robb, kitaarspeler Dan Estrin, tromspeler Chris Hesse en Markku Lappalainen (die oorspronklike baskitaarspeler). Hulle het 10 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Die groep se naam word dikwels as h∞bastank gestileer.
Hoobastank | |
---|---|
Hoobastank in 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Kalifornië, VSA |
Genres | Alternatiewe rock alternatiewe metal |
Jare aktief | 1994 – hede |
Assosiasies | Incubus |
Lede | Doug Robb Dan Estrin Chris Hesse Jesse Charland |
Gewese lede | Markku Lappalainen |
Diskografie
wysig- Hoobastank (2001)
- The Reason (2003)
- Every Man for Himself (2006)
- For(n)ever (2009)
- Fight or Flight (2012)
- Push Pull (2018)