Hugo Boss
Hugo Boss AG is 'n Duitse mode-onderneming en -etiket wat sy hoofkwartier in Metzingen in die deelstaat Baden-Württemberg het. Die maatskappy, waarvan die aandele op die MDAX-indeks vir middelgroot ondernemings genoteer word, vervaardig mode, leerprodukte en bybehore vir here, dames en kinders wat wêreldwyd in sy eie asook vreemde modewinkels verkoop word. Fyngeure en ander produkte word deur konsessienemers bemark. Boss en Hugo Boss word onder die bekendste Duitse mode-etikette gereken.
Hugo Boss AG | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 1924 |
Hoofkantoor | Metzingen, Baden-Württemberg, Duitsland |
Sleutelpersone | Mark Langer (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Mode-, kleinhandelbedryf |
Produkte | Klerasie |
Inkomste | € 2,81 miljard (2015) |
Werknemers | 13 764 (2015) |
Webwerf | hugoboss.com |