Huis van Bourbon
Huis van Bourbon |
---|
Die Huis van Bourbon is ’n belangrike Europese koningshuis, ’n tak van die Dinastie van die Capetingers. Konings van Bourbon het eerste in die 16de eeu oor Navarra en Frankryk geheers. Teen die 18de eeu het lede van die Bourbon-dinastie ook op die trone van Spanje, Napels & Sisilië en Parma gesit. Spanje en Luxemburg het tans Bourbon-monarge.
Lande | Frankryk, Navarra, Spanje, Luxemburg |
---|---|
Oorsprong | Dinastie van die Capetingers |
Stigter | Graaf Robert van Clermont |
Gestig in | 1272 |
Etnisiteit | Frans, Spaans |
Laaste heerser | Frankryk en Navarra: Henri V (1830)
Parma: Roberto I (1854–1859)
Twee Sisiliës: Francesco II (1859–1861)
|
Huidige hoof | Frankryk en Navarra: Prins Lodewyk XX (1989-)
Spanje: Koning Felipe VI van Spanje (2014-)
Parma: Hertog Carlos Hugo (1977-)
Twee Sisiliës: BETWIS Hertog Carlos van Kalabrië (1964-) of Hertog Carlo van Castro (2008-) Luxemburg: Groothertog Henri I (2000-)
|
Frankryk
wysigBourbon-monarge het oor Navarra (van 1555) en Frankryk (van 1589) regeer tot met die omverwerping in 1792 van die monargie tydens die Franse Rewolusie. Dit is in 1814 vir ’n kort ruk herstel ná die val van die Eerste Franse Ryk, maar die hooflyn van die Bourbons is in die Julie-rewolusie van 1830 finaal omvergewerp. ’n Tak van die Bourbons, die Huis van Orléans, het daarna vir agttien jaar regeer (1830–1848) tot hulle ook omvergewerp is.
Bourbon-konings van Frankryk
wysigDatums dui regeertye aan.
- Hendrik IV die Grote (1589–1610)
- Lodewyk XIII die Regverdige (1610–1643)
- Lodewyk XIV die Sonkoning (1643–1715)
- Lodewyk XV die Geliefde (1715–1774)
- Philippe II van Orléans (regent) (1715–1723)
- Lodewyk XVI (1774–1792)
- Lodewyk XVI (1792–1793)
- Lodewyk XVII (1793–1795)
- Lodewyk XVIII (1795–1814)
- Lodewyk XVIII (1814–1824)
- Charles X (1824–1830)
- Lodewyk XIX (1830)
- Lodewyk-Philippe (Huis van Bourbon-Orléans) (1830–1848)
Spanje
wysigPhilip V van Spanje was die eerste Bourbon-heerser van Spanje, van 1700 af. Die Spaanse Bourbons — in Spanje word die naam Borbón gespel — is al verskeie kere omvergewerp en weer in plek gestel; hulle het regeer in 1700–1808, 1813–1868, 1875–1931 en 1975 tot die hede. Van die Spaanse lyn kom die koninklike lyn van die Koninkryk van die Twee Sisiliës (1734–1806 en 1815–1860, en in Sisilië net in 1806–1816), die Bourbon-Sisiliës-familie en die Bourbon-heersers van die Hertogdom van Parma.
Bourbon-konings van Spanje
wysigDatums dui regeertye aan.
- Philip V (1700–1724 en 1724–1746)
- Lodewyk I (1724; vir minder as ’n jaar)
- Ferdinand VI (1746–1759)
- Carlos III (1759–1788)
- Carlos IV (1788–1808)
- Ferdinand VII El Deseado (1813–1833)
- Isabella II (1833–1868)
- Alfonso XII (1875–1885)
- Alfonso XIII (1886–1931)
- Juan Carlos I (1975–2014)
- Felipe VI (2014–hede)
Luxemburg
wysigGroothertogin Charlotte van Luxemburg het met ’n lid van die Bourbon-Parma-lyn getrou en dus is haar opvolgers, wat sedert haar abdikasie in 1964 oor Luxemburg regeer, ook tegnies gesproke lede van die Huis van Bourbon.
Bourbon-groothertoë van Luxemburg
wysigDatums dui regeertye aan.
Ander belangrike Bourbon-titels
wysig- Hertog van Bourbon
- Hertog van Montpensier
- Hertog van Vendôme
- Hertog van Anjou
- Koning van die Twee Sisiliës
- Hertog van Parma
- Hertog van Orléans
- Prins van Condé
- Prins van Conti
Verdere leesstof
wysig- Bergamini, John D. The Spanish Bourbons: The History of a Tenacious Dynasty. Putnam, 1974.
- Petrie, Sir Charles. The Spanish Royal House. Geoffrey Bles, 1958.
- Seward, Desmond. The Bourbon Kings of France. Barnes & Noble, 1976.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:House of Bourbon