Huis van Wittelsbach
Die Huis van Wittelsbach is ’n ou en belangrike Duitse vorstehuis wat eeue lank konings, grawe en hertôe opgelewer het.
Huis van Wittelsbach | |
---|---|
Wapen van die Huis van Wittelsbach vanaf 1835.
| |
Lande | Duitsland, Denemarke, Noorweë, Swede en Griekeland |
Laaste heerser | Lodewyk III van Beiere |
Stigter | Otto VI van Wittelsbach |
Gestig | 1180 |
Ontbinding | 1918 |
Titels | Koning van Beiere, Koning van Denemarke, Koning van Noorweë, Koning van Sweden, Koning van Griekeland |
In 1180 het graaf Otto VI van Wittelsbach die Beierse hertogdom deur keiser Frederik I Barbarossa in leen gekry uit dank vir goeie diens tydens ekspedisies na Rome. Graaf Otto het hom sedertdien hertog Otto I van Wittelsbach genoem.
’n Kenmerk van die vorstehuis was die talle verdelings en samevoegings van die verskillende takke, waardeur besittings altyd weer aan ’n oorlewende tak nagelaat is sodat dit byna nooit verlore gegaan het nie. In die latere Wittelsbachers het waansin gereeld voorgekom; die bekendste voorbeeld hiervan was koning Lodewyk II van Beiere.
Belangrike lede uit die huis is onder andere:
- Keiser Lodewyk IV van die Heilige Romeinse Ryk
- Grawe van Holland, Seeland en Henegouwen:
- Frederik V van die Palts
- Keiser Karel VII van die Heilige Romeinse Ryk
- Koning Lodewyk II van Beiere
- Keiserin-koningin Elisabeth van Oostenryk-Hongarye
- Koningin Elisabeth van België
- Otto van Griekeland
- Konings van Sweden:
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Wittelsbach