Imraan Coovadia
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Imraan Coovadia (1970-) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus. Hy het aan Harvard en Yale studeer en was ’n sleutelfiguur in die Universiteit van Kaapstad se program vir skeppende skryfwerk.[1]
Imraan Coovadia | |
---|---|
Gebore | 1970 Durban |
Beroep | Skrywer, akademikus |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Noemenswaardige werke | The Wedding Green-eyed Thieves High Low In-Between |
Noemenswaardige toekennings | Sunday Times-fiksieprys UJ-prys |
Sy eerste roman, The Wedding, is in 2001 gelyktydig in die VSA en Suid-Afrika gepubliseer, en is ondertussen in Hebreeus en Italiaans vertaal. Sy ander romans sluit in Green-eyed Thieves, High Low In-between (wat die Sunday Times-fiksieprys en die Universiteit van Johannesburg-prys gewen het) en The institute for Taxi Poetry. Hy het ook 'n akademiese monografie, Authority and Authorship in V.S. Naipaul, geskryf.[2]
Publikasies
wysig- The Wedding (2001)
- Green-Eyed Thieves (2006)
- Authority and Authorship in V.S. Naipaul (2009)
- High Low In-Between (2009)
- The Institute of Taxi Poetry (2012)
- Transformations: Essays (2012)
- Tales of the Metric System (2014)
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "Imraan Coovadia". uct.ac.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op 25 Januarie 2014.