'n Internetbot, webrobot, robot of bloot bot ('n afkorting vir robot),[1] is 'n sagtewaretoepassing wat outomatiese take (skrifte) op die internet laat loop, gewoonlik met die doel om menslike aktiwiteit, soos boodskappe, op die internet na te boots op 'n groot skaal.[2] 'n Internetbot speel die kliëntrol in 'n kliënt-bedienermodel, terwyl die bedienerrol gewoonlik deur webbedieners gespeel word. Internetbots is in staat om eenvoudige en herhalende take baie vinniger uit te voer as wat 'n persoon ooit kan doen. Die mees uitgebreide gebruik van bots is vir webkruipery, waarin 'n outomatiese skrif inligting van webbedieners af haal, ontleed en liasseer. Meer as die helfte van alle webverkeer word deur bots gegenereer.[3]

Pogings deur webbedieners om bots te beperk, verskil. Sommige bedieners het 'n robots.txt lêer wat die reëls bevat wat botgedrag op daardie bediener beheer. Enige bot wat nie die reëls volg nie, kan in teorie toegang geweier word, of verwyder word van die betrokke webwerf.

As die geplaasde tekslêer geen geassosieerde program/sagteware/toepassing het nie, is die nakoming van die reëls geheel-en-al vrywillig. Daar sal geen manier wees om die reëls af te dwing of om te verseker dat 'n bot se skepper of implementeerder die robots.txt-lêer lees of erken nie. Sommige bots is "goed", bv. soekenjinspinnekoppe, terwyl ander gebruik kan word om byvoorbeeld kwaadwillige aanvalle op politieke veldtogte te loods.[3]

Sosiale bots

wysig

Sosiale bots is stelle algoritmes wat die pligte van herhalende stelle instruksies opneem om 'n diens of verbinding tussen sosiale netwerkgebruikers te vestig. Onder die verskillende ontwerpe van netwerkbotte is die mees algemene kletsbotte, algoritmes wat ontwerp is om met 'n menslike gebruiker te praat, en sosiale botte, algoritmes wat ontwerp is om menslike gedrag na te boots om met patrone soortgelyk aan dié van 'n menslike gebruiker te gesels.

Verwysings

wysig
  1. "bot". Etymology, origin and meaning of bot by etymonline. 9 Oktober 1922. Besoek op 21 September 2023.
  2. Dunham, Ken; Melnick, Jim (2009). Malicious Bots: An outside look of the Internet. CRC Press. ISBN 978-1420069068.
  3. 3,0 3,1 Zeifman, Igal (24 Januarie 2017). "Bot Traffic Report 2016". Incapsula. Besoek op 1 Februarie 2017.