Iwan V van Rusland

Iwan V Aleksejewitsj (Russies: Иван V Алексеевич) (Moskou, 27 Augustus 1666Moskou, 29 Januarie 1696) was van 25 Junie 1682 tot met sy dood mede-tsaar van Rusland saam met sy jonger halfbroer Pieter die Grote. Hy was die elfde kind van Aleksei van Rusland en Maria Miloslafskaja.

Iwan V
Mede-tsaar van die hele Rusland
Iwan V
Dinastie Romanof
Bewind 7 Mei 1682 -
8 Februarie 1696
Kroning 25 Junie 1682
Volle naam Iwan Aleksejewitsj Romanof
Gebore 27 Augustus 1666
Gesterf 29 Desember 1696
Moskou
Voorganger Fjodor III
Opvolger Pieter die Grote
Gade Praskowja Saltikowa
Kinders Maria
Feodosia
Katharina
Anna
Praskowja
Vader Aleksei van Rusland
Moeder Maria Miloslafskaja

Iwan is geestelik en liggaamlik gestrem en ná die dood van Fjodor III wil die familie van Aleksei se tweede vrou, Natalia Narisjkina, hê haar seun, Pieter (later Pieter die Grote), moet tsaar word. Die Narisjkins se vyande versprei gerugte dat hulle Iwan laat vermoor het en dit lei tot die Moskou-opstand van 1682. Die opstand word eers beëindig toe Iwan se familie hom vir die woedende skare wys.

Op 25 Junie van daardie jaar word hy mede-tsaar saam met Pieter die Grote, met hul suster Sofia as regentes. In 1689 probeer Sofia, wat besef sy is besig om mag te verloor, nog ’n opstand ontlok deur gerugte te versprei dat die Narisjkins Iwan se kroon vernietig het en sy kamer aan die brand wil steek. Iwan se onderwyser, prins Prozorofsky, oorreed hom egter om sy broer te ondersteun.

Huwelik en kinders

wysig

Iwan was sedert 1684 getroud met Praskowja Fjodorowna Saltikowa (1664-1723). Hulle het vyf dogters gehad, onder andere keiserin Anna:

  • Maria (1689-1692)
  • Theodosia (1690-1691)
  • Katharina (1692-1733), getroud met Karel Leopold van Mecklenburg-Schwerin
  • Anna (1693-1740), hertogin van Koerland, keiserin van Rusland, getroud met Frederik Willem Kettler
  • Praskowja (1694-1731), getroud met Iwan Dimitrijef-Mamonof

Laaste jare en dood

wysig

In die laaste dekade van sy lewe is Iwan heeltemal deur die meer energieke Pieter I oorskadu. Hy het die meeste van die tyd saam met sy vrou deurgebring en heeldag gebid en gevas. Toe hy 27 was, is hy deur buitelandse ambassadeurs beskryf as seniel, verlam en feitlik blind. Hy is twee jaar later dood en in die Katedraal van die Aartsengel op Katedraalplein in Moskou begrawe.