J.L.P. (Basie) Botha was van 1946 tot 1948 die waarnemende hoofsekretaris van die Mynwerkersunie van Suid-Afrika (MWU).

Hy was 'n boorling van Potchefstroom. In 1926 het hy na die Randse goudmyne gekom en was aanvanklik op Crown Mines werksaam. In 1933 is hy as MWU-organiseerder op die Wes-Rand aangestel, in 1937 in dieselfde hoedanigheid aan die Oos-Rand, en in 1939 is hy tot organiserende sekretaris van die vakbond verkies.

Bronnelys

wysig
  • L. de Kock, “Die Stryd van die Afrikaner in die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie aan die Witwatersrand, 1936-1948”, Ongepubliseerde MA-verhandeling, Randse Afrikaanse Universiteit, 1983, p. 188.
  • Die Mynwerker, Augustus 194, p. 15 (B Botha, Die Wantrou Mosie van die Hervormers).
  • Ibid., April 1941, p. 17 (Prestasie van Basie Botha).
  • Ibid., Mei 1946, p. 5 (Ons Agiterende Algemene Sekretaris).

Sien ook

wysig